Speciaal voor SAgirl dit berichtje in het Afrikaans.

  • Corné.

    Een stukje wat mij aansprak:

    Liza Albrecht: Daar's baie mooi in ons land.

    My pleidooi vandag is dat ons uitgesproke moet wees oor bogenoemde. Dat ons moet kla en raas en wanneer ons ons kruisies trek op 22 April ons dit trek langs die party wat ons glo bogenoemde ten beste kan hokslaan. Maar terselfdertyd wil ek net so sterk argumenteer dat ons ook meer moet praat oor dit wat goed en reg en mooi is in ons land.

    Die meerderheid wit Suid-Afrikaners voer steeds ’n ekonomies-vooruitstrewende middelklas bestaan. Ook is dit nie net die swart middelklas wat spoedig aan’t groei is nie, maar onlangse syfers toon dat ook die bruin middelklas spoedig uitbrei.

    Ons het vryhede en politieke keuses in Suid-Afrika wat allermins afsteek by enige ontwikkelde land. Ons ekonomie is sterk en groeiend.

    Volgende jaar gaan die wêreld hier toesak. Sommige buitelanders spaar al sedert die laaste Wêreldbeker-sokkertoernooi vier jaar gelede om volgende jaar hierheen te kom.

    My wens is dat teen 11 Junie 2010 wanneer die eerste bal afgeskop word ’n gevoel van samehorigheid en trots in ons land sal heers soos ons laas ervaar het met ons oorwinnings in die Wêreldbeker-rugby. Ek hoop dat wanneer die besoekers oppak en huis toe gaan, hulle vir hul landgenote sal vertel dat dié land aan die suidpunt van Afrika ’n wenland is, ’n pragtige en sielvolle land waarna hulle – al die probleme ten spyt – sal terugkeer.

    Hele bericht op : http://jv.news24.com/Rapport/Blogs/0,,752-2364_2474000,00.html

    Veel leesplezier :)

    Corné.

    www.amukela.com

  • Theo

    Dat is duidelijke taal en beter als al dat gejammer.