uit Beeld: Ope brief aan mnr. Carl Niehaus

  • Ron B.

    Ope brief aan mnr. Carl Niehaus

    Feb 23 2009 11:38:26:623AM - (SA)

    Johann Marx van Roodepoort het dié volgende ope brief aan mnr. Carl Niehuas, gewese ANC-woordvoerder geskryf:

    Meneer Niehaus,

    In die lig van die benarde finansiële posisie waarin u uself bevind maak ek graag die volgende voorstelle om u situasie om te keer.

    Hier neffens ons is die Zandspruit Informele Nedersetting. U kan ontslae raak van daardie R50 000,00 per maand monstrositeit waarin u en mevrou woon, en u kan ‘n sinkhuis tussen u kiesers kry vir ongeveer R400,00 per maand. Soos u weet gee die regering waarvan u deel is ’n klein bietjie gratis water en elektrisiteit aan persone in dieselfde geldlose situasie as waarin u uself bevind.

    U kan ook onmiddelik van u luukse voertuie ontslae raak. Taxi's en busse van Zandspruit na die middestad is ongeveer R27 per rit. Indien u sou siek word is daar 'n kliniek in Zandspruit (met natuurlik geen voltydse dokter, verpleegster of medikasie nie). . . maar gelukkig is die Helen Joseph Hospitaal nie te ver van hier af nie (U sal net self die trappe moet klim na die boonste verdiepings toe want die hysbakke daar werk nie, en daar is nie meer rystoele nie). U sal natuurlik ook u eie beddegoed moet saamneem.

    U en mevrou se kinders kan na die naaste publieke skool te gestuur word, waar die skoolgelde ongeveer R25 per kwartaal is, en u boonop vir “afslag” kan onderhandel. Die kwaliteit van opvoeding daar is sekerlik ook vir u en u kinders aanvaarbaar aangesien u regering dit vir die res van die populasie aanbeveel. . . en dis die mense wat uit die aard van die saak die ANC aan bewind geplaas het, en u en ander ampsdraers se uitspattige salarisse betaal. . . en NIKS daarvoor terug verwag nie.

    Die Honeydew Polisie stasie se personeel sal u veiligheid waarborg (soos per die konstitusie), en as u toevallig ‘n slagoffer word sal hulle ’n verskoning uitdink hoekom dit gebeur het, en volgens die Bathopele White Paper vir u om verskoning vra as “restitusie en kompensasie” vir die ongerief wat u ervaar omdat niemand die saak ondersoek, of engie arrestasies gemaak word, of enige van 'n gesteelde items ooit terug gevind word nie. Sekerlik sal u verstaan dat die polisie nie “onmiddellik” kan reageer op u telefoon oproep indien u beroof word nie, want hulle enigste werkende voertuig is besig om die skof wat “af” gaan weg te bring huistoe en die “nuwe skof” te gaan haal anders is daar niemand by die polisie stasie nie. . . en dit kan nie deug nie.

    U hoef u nie te bekommer oor enige nagevolge van u korrupte dade nie. . . solank u opreg voorkom terwyl u verduidelik hoekom u genoodsaak was om geld te steel. “I was poor” is nogal ‘n goeie stelling wat gereeld gehoor word. Indien u egter tot verantwoording geroep word, is tronkstraf nie so ’n slegte idee nie. Gratis kos, behuising, sosiale interaksie, gratis studie en mediese sorg terwyl u daar is. . . en dit juis terwyl u nie kan uitkom met u salaris nie.

    Soos met die huidige en vorige Presidente van Suid-Afrika is tronkstraf nie eintlik meer ‘n skande nie, maar eerder ’n prestasie wat op 'n Curiculum Vitae breedvoerig verduidelik sal word vir toekomsverwysing. U mag dalk selfs benoem word as kandidaat vir die volgende Presidentsverkiesing. Dink daaroor, President Carl Niehaus. Klink nogal indrukwekkend!

    Intussen sal die gemiddelde belastingbetaler onverpoosd harder werk en meer belasting betaal sodat die regering die nodige fondse kan bekom om u opgehoopte skuld af te skryf (nadat dit onder die tafel deur betaal is, hetsy in kontant of met ‘n goedgekeurde kontrak nadat u “skuldeisers” op ’n deursigtige manier getender het daarvoor). U weet mos, u was daar. Ons kan dit amper selfs laat klink soos 'n projek van die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap, met u goedkeuring natuurlik.

    Ek hoop die riglyne kan u help. Ek moet ongelukkig nou gaan werk sodat ek belasting, BTW, skoolfonds, munispale rekeninge, medies, pensioen, petrol, rentekoersverhogings, huispaaiement, voertuiglisensies, tolgeld, spoedboetes en dies meer kan betaal. Ek het ongelukkig geen kontakte by wie ek geld kan leen op die “never-never” boekie nie. Ek kan ongelukkig ook nie skuil agter die geykte en nou al afgesaagde “Dis Apartheid se skuld” (regtig!!) soos u nie.

    Groetnis,

    Johann Marx

    Roodepoort

  • Ron B.

    Het is te triest …………….

    Pleit vergeefs om lewe

    Feb 23 2009 09:15:16:557PM - (SA)

    Daniel Maluleke

    ’n Pretoriase sakeman het die naweek vergeefs gepleit dat rowers sy lewe moet spaar voordat hulle hom voor sy swanger vrou doodgeskiet het by hul huis.

    Mnr. Johan Boshoff-Serenata (28) en sy vrou, Grazietta (29), het vyf jaar gesukkel om swanger te raak. Hy het baie na die koms van hul eersteling, Tylo, ’n dogtertjie, uitgesien, het sy gister gesê.

    Hy het die onderneming Hand-O-Man, wat sportvelde ontwerp en ontwikkel, besit.

    Die egpaar het ure voor die moord klaar in hul nuwe huis in die Savannah Hills Country Estate, ’n veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria, ingetrek.

    Me. Boshoff-Serenata het gister vertel sy het Saterdagaand ’n hond hoor blaf.

    “Ek het gaan ondersoek instel en toe sien ek vier mans. Twee het vuurwapens gehad en een was met ’n mes gewapen. Ek kon die vierde een nie mooi sien nie.”

    Sy het vir haar man gesê hy moet die deur versper.

    Die aanvallers het daarteen geskop en skote begin afvuur.

    “Een skoot het my man in die skouer getref en hy het geval. Hulle het uiteindelik ingekom en hom in die bors geskiet terwyl hy op die vloer gelê het.”

    Dít nadat mnr. Boshoff-Serenata hulle gesmeek het om hom nie te vermoor nie.

    Sy vrou het probeer om hom te help, maar vergeefs.

    Die moordenaars het haar ook aangerand. Een het probeer om haar trouring van haar vinger af te haal, en toe hy dit nie kon afkry nie, wou hy dit afbyt. Sy het dit toe self van haar vinger afgehaal gekry.

    Die bende het daarna die huis geplunder en met ’n skootrekenaar, drie selfone en juwele gevlug.

    Konst. Mabel Sibanda, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die moord en rooftog in hegtenis geneem nie.

  • Aryan

    Wat kan iemand hier over zeggen ? Hoe vaak moeten mensen gewaarschuwd worden om niet te gaan waar de plagen vallen ? Goede vrienden van mij zijn na de moordaanslag op de buren in halfweghuis ( leuke plek trouwens ) eergisteren veilig en wel aangekomen in een gebied van Zuid Afrika waar je nog wel de deur open kan laten en kunt praten met wie je wil zonder angstig te hoeven zijn; zelfs alleen grote stukken lopen over de straten zowel dag als nacht.

    “Waar is die plek ?” , wel die plek is een van de langst gekoloniseerde plekken van (Zuiderlijk) Afrika, de Garden Route. Ze gaan verder door naar de Kaap om wat zaken af te handelen, maar komen dan weer terug om zich te gaan vestigen in de klein karoo.

    Het is na al die jaren berichtgevingen voor mij eigenlijk heel simpel geworden, in mijn beleving moet je gaan waar je je thuis voelt en niet waar je ‘je geld’ kunt maken. Dat is, voor zover ik het heb meegemaakt bij anderen die gekozen hebben voor het geld (goud?) in de vaal, nog altijd zo gegaan.

    Zo langzamerhand begint het ook een beetje de schuld te worden van de blanke slachtoffers; hij/zij/men wil ook niet wijken en wil ook niet luisteren naar rede maar rondlopen met een zelfwaan geverfd door vals optimisme en misplaatst “die Here is my Herder”-vibe. Je kunt de zwarte bevolkingsgroep natuurlijk beschrijven als de “domme massa”, maar als een blank gezin wat in een gebied woont wat onveilig is, en zeker nav. zo veel informatie over een gericht plan waar blanken zim-style geëxecuteerd, vervolgd en waar mogelijk massaal onvrijwillig gedeporteerd worden ( klikt bekend? ) is het dan gewoon niet een keer tijd om te vertrekken ??

    Zat voorbeelden: er wren Joden vlak voor de oorlog die hoorden wat de Duitsers van plan waren, een aantal wisten daarmee genoeg en pakten hun koffers. Een grooot aantal geloofde het niet en ging met een misplaatst optimisme de gaskamers in. Zo simpel werkt 't met genocide; zeker in Afrika.

    Als mensen niet luisteren dat er een orkaan aan komt in de zuidelijke staten van de verenigde staten, en toch in hun huis blijven, met enkel met wat hout voor de ramen en hiermee denken het uit te houden tegen de woestheid van de orkaan die doorkomt dan is dat hun risico en hun leven. Ik zeg, heb gezegd en blijf zeggen; “Verlaat de plekken waar de plagen vallen voordat het echt te laat is en je de storm wel uit moet zitten met welhaast onvermijdelijke gevolgen.”

    Of dat nu New Orleans, delen van Mexico, Zuid Afrika of zelfs titjerkstradeel of lutjebroek is; verlaat enige plek waar er problemen komen en zoek beter en hoger gelegen delen op, want dat is gezonder, veiliger en op de lange duur beter. Als de storm is gaan liggen kun je nog 's een keer terug gaan om te kijken wat er over is van je huis en de buurt, en wie weet dan weer de handen uit de mouwen om de boel weer op te bouwen. maar nu, nee kappe, wegraken.

    Iemand nog 2010 kaartjes ?

  • SAgirl

    Ja presies, gister gelees - so skokkend van die blanke meisie oppad na skool - van haar brommer afgery deur ‘n taxi. Moedswillig omdat sy nie vinnig genoeg van baan verwissel het nie. Taxi het haar eers gestamp en toe bo-oor haar gery - opslag dood, ’n 16 jarige briljante student en dit alles voor haar vriende en omstaanders.

    Ongelooflik die haat wat daar heers!

  • Ron B.

    Ja, ik heb gisteren gebeld met vrienden in Zuid-Afrika. Ook hier gaat het wederom om het gebied Pretoria, Gauteng. Een vriendin (blank) was op pad van haar huis naar haar werk in Mamelodi. Ze is aangereden door een vrachtauto. Auto total loss, zij is er gelukkig vooralsnog licht gewond vanaf gekomen. Auto delen lagen over meer dan honderd meter verspreid. Ze heeft heel veel geluk gehad dat vlak na het ongeluk zowel een ambulance als een politieauto langskwamen. De lokale bevolking heeft in plaats van haar te helpen geprobeerd haar te bestelen en zich zeer vijandig naar haar opgesteld. Ze is onder politiebegeleiding per ambulance vervoerd naar het ziekenhuis.

    Ik vind het onbegrijpelijk en kan er ook geen begrip voor opbrengen. Het beïnvloed ontegenzeggelijk mijn houding en instelling naar zo'n mooi land.

    Een andere vriendin gaat 14 maart aanstaande trouwen. We hebben uitnodiging ontvangen om hierbij aanwezig te zijn. Normaal gesproken zou ik zeker voor een week heen en weer zijn gegaan. Ik zou graag gaan en het spijt me oprecht, maar ik laat het deze keer aan mij voorbij gaan. Het is te gevaarlijk, te explosief en veel te onvoorspelbaar. Het blijft bij een telefoontje en misschien een kaart (in de hoop dat ie dan ook op tijd aankomt). Jammer……