'n Les in Afrikaans - deur Theo aangevra

  • SAgirl

    Theo skryf: "Ek vestaan nie Engels nie, daarem het ek Afrikaans geleer om te praat en te skrywe. Dat gaan waffers. ‘N enkel keer maak ek nog ’n blaps, maar dat maak nie saak nie. As jy die land wil besoek, moet jy ook hulle taal probeer te praat. Elk die keer as ek die land besoek, gé dat ‘n hupstoot soos die mense dat waardeer dat ek hulle taal probeer te praat. Ek kommuniseer baie met briewe S-A toe en ook dat gaan baie goed. Ek het been-af vit S-A. As jy by ’n wegneemete-onderneming kitkos haal, praat hulle tog ook Afrikaans. Das hulle eie taaltjie.

    Ek kommer my oor die taal in Nederland, dat is baie Engels.

    Ek hoop dis reg geskryf"

    Alhoewel ek nie Engels verstaan nie, het ek darem geleer om Afrikaans te praat en te skryf; dit gaan al baie goed. Ek maak nog dikwels blapse maar dit maak nie saak nie. As jy die land wil besoek, moet jy ook die taal probeer praat. Elke keer wat ek die land besoek, gee dit my ‘n hupstoot en die mense waardeer dat ek probeer om hulle taal te praat. Ek korrespondeer baie deur briewe te skryf na die bekendes in SA en dit gaan ook baie goed. Ek is totaal been-af oor SA. As jy by ’n wegneem-ete restaurant kitskos gaan koop, praat hulle met jou in Afrikaans. Dit is hulle eie taal. Ek bekommer my oor die taal in Nederland; dit het baie vermeng geraak met Engelse woorde.

    Ek hoop dis reg geskryf.

    Theo, sien jy nou hoe min foute het jy regtig gemaak. Dis meer sinskonstruksie foute. Ek het presies dieselfde probleem met my Nederlands - dit en “de” en “het”, Na so baie jare hier in Nederland, gooi ek nog lekker my sinne rond. My kinders raas kort-kort met my. :-)

    Afrikaans is ‘n baie mooi taal en vreeslik eenvoudig. Daar is net twee tye - teenwoordig en verlede tyd. Met ander woorde: Vandag sit ek op die bank. Gister het ek op die bank gesit. Die werkwoord verbuig nie - hy kry net ’n “ge-” vooraan.

    Ek sal graag mense help wat meer wil leer en belangstelling het in my pragtige taal. Ek is onsettend lief vir my taal en baie trots op ons taalstryders vir so ‘n pragtige, kleurvolle taal. Dalk moet ek, as daar belangstelling is, ’n woordelys maak met woorde wat baie verskil van die gebruik hier in Nederland. Sal iemand my laat weet as daar so 'n belangstelling sal wees….

  • Theo

    Baie dankie Sagirl. Ek het weer geleer om reg te maak. Sodra ek probleme het met woorde, laat ek jou weer weet.

    Mooi bly en geniet die naweek in koud Nederland. In Graaff-Reinet is op die oomblik baie warm.

  • SAgirl

    Dis ‘n groot plesier, Theo. Ja die koue hier in Nederland is hierdie jaar nogal ekstra koud maar ek is nou al ’n bietjie gewoond daaraan. Ons het vanmiddag in die stad 'n bietjie gaan rondloop maar het dit kort gehou - die koue het ons teruggestuur na ons warme huisie. :-)

    Ja, Graaff- Reinet is pragtig! Ons het daar oorgebly toe ons met ons wittebrood afgery het George toe. Ons was in Augustus daar het het vreeslik koud gekry die nag maar ek weet dit kan net so vreeslik warm raak in die somer.

    Ek het wonderlike jeugherinneringe van die streek - ek sal beslis laat weet wanneer ek weer deur Graaff-Reinet ry - ek sal beslis aanklop vir 'n koppie boeretroos. :-)

    Jy is baie welkom om jou Afrikaans teen my te oefen. As jy wil hê dat ek die foute moet regmaak, sal ek dit graag vir jou mee help.

    Ek wou nou vir jou 'n grappie hier gepos het maar ek kry nie nou die regte ene nie - al wat ek op die stadium kan kry, is goed wat gaan maak dat die WM my gaan toesluit hahahah :-)

    Lekker naweek en geniet die wonderlike warm weer in Graaff-Reinett - drink sommer ‘n lekker botteltjie goeie rooiwyn! Hoop julle gaan sommer ook braai die naweek - klink my na die ideale weer vir ’n paar kole op die vuur.

  • Maria

    Jij zakt voor de inburgeringscursus

  • willemien

    ???welke???

  • SAgirl

    Ag nee wat Maria ek het nie - ek het dit baie goed geslaag. Maar ek is baie bly jy kon die stuk in Afrikaans darem deurgelees kry.

  • Theo

    Zij is wel geslaagd voor spontaniteit en dat is meer waard dan een cursus.

  • Wim M

    Theo, wanneer jij zo graag Afrikaans wil leren heb je hier misschien iets aan.

    de Kletskamer (chatbox).

    http://www.kletskous.co.za/chat/chat.html

    Maar het beste leer je het met `n klompie boere en `n Brandy-coke op `n moerse braai.

    Doei,

    Wim

  • Wim M

    Maria, heb jij als kind zure moedermelk te drinken gekregen? Met de zoekfunctie al je one-liners eens opgezocht. Tip. Probeer nog wat van je leven te maken.

    Sterkte,

    Wim

  • loes

    in canada en frankrijk is ze al even populair