Hi Theo, dis baie goed ja! Wil jy dat ek die enkele foute vir jou regstel?
Ek moes ook maar Nederlands leer en dis moeilik maar ek kom redelik reg. Die enigste rede hoekom ek hier in Afrikaans skryf, is sodat daar ‘n bietjie aandag vir Afrikaans is en dat diegene wat graag die taal wil leer, ’n bietjie blootstelling kry.
Afrikaans is beslis nie moeilik nie en die WM het gesê dat dit mag - dus, ek gaan gewoon lekker aan. As iemand my skrywe nie kan verstaan nie, nou ja, regtig; vra maar net. So moeilik is dit regtig nie! :-)
Corné, dit presies wat ek wil hê; dat daar aandag kom vir sekere sake wat ook die besoekers raak. Mens kan nie toe oë deur die lewe gaan nie - dis gevaarlik :-)
Ek wil niemand die kans ontneem om my pragtige land te besoek nie maar ek wil ook nie dat iemand SA besoek en daar iets oorkom nie. Hetsy gesondeheid of veiligheid. Vandaar dat ek waarsku - sodra ek kan, gaan ek beslis weer ‘n bietjie kuier - ek verlang my stukkend maar met my kind se gesondheid tans, is daar nie ’n kans nie. Sal maar bly hoop en bid.
lekker aand aan almal en geniet die laaste werkdag van hierdie week! Geniet die naweek wat volg - mag dit 'n sinvolle en geseënde naweek wees!