Op woensdag 7 januari a.s. gaan de prijzen van de benzine en diesel weer omlaag.
De benzine prijs voor 1 liter wordt in Gauteng 6.01 per liter.
groeten uit Kyalami
Annemieke
Een stuk knipsel uit `Die Burger'
Nuwe jaar begin goed met skerp daling in alle brandstofpryse
02/01/2009 10:46:47 PM - (SA)
Port Elizabeth. – Vakansie gangers kan vanjaar terugkeer huis toe met so ’n paar rand ekstra in die sak danksy ’n veel laer petrolprys wat Woensdag in werking tree.
Danksy die skerp daling van byna 19% tot R5,77 vir 95-oktaan-petrol aan die kus, sal dit nou R67 minder kos om ’n tenk van 50 F te vul.
Diesel se groothandelprys word met R1,67 verlaag en dié van paraffien met R1,31.
Brandstofpryse is nou sowat 10c per liter laer as wat dit in Mei 2006 was.
Die skerper as verwagte daling is danksy laer oliepryse, ’n sterker rand en die afskaffing van ’n balansrekeningheffing van 44,85c per liter.
Dié heffing is gebruik om oliemaatskappye vir hul verliese te vergoed as werklike pryse styg nadat die gereguleerde prys vir ’n maand reeds vasgestel is. Die tekort op die balansrekening is egter nou uitgewis.
Weet je zeker dat je deze post als spam wil rapporteren aan de beheerder?
Deze post wordt als spam gerapporteerd aan de beheerder van het forum. Bedankt!
Weet u zeker dat u dit topic wil verwijderen?