Bobotie
1kg maalvleis ( Runder gehakt, niet half om half!)
2 fyn uie
2-3 snye witbrood, geweek in water
3 eiers
125ml room (melk kan ook)
1 eetlepel kerrie
1 eetlepel borrie
1`eetlepel suiker
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 eetlepels asyn of suurlemoensap
1 eetlepel blatjang (Mrs. Balls of Wellingtons)
1 handjievol sultana's
1 handjievol gedroogde appelkose ( sny in stukkies en week in lou-warm water)
1 handjievol gedroogde appelstukkies ( sny in stukkies en week in lou-warm water)
1 handjievol gedroogde pere ( sny in stukkies en week in lou-warm water)
125ml neute
Metode:
Braai uie en bêre eenkant
Maak vleis gaar sonder enige sout
Voeg by brood, kerrie, borrie, sout, peper, suiker, blatjang, konfyt, asyn, sultana's, gedroogde vrugte en neute.
Voeg 1 geklitste eier by
Skep in groot bak
Klits ander eiers en meng met room (of melk). Gooi bo-oor vleismengsel en bak by 180 grade C vir een en 'n half uur (ander half uur) - helfte van die tyd met deksel op, die tweede helfte sonder deksel
Bedien met rys en slaai.
Lekker eet!
Soet patats (soet aarappels)
6 middelmatige patats (ongeveer 1kg)
'n Paar stukkies pypkaneel en/of gedroogde nartjieskil
75ml suiker (bruinsuiker werk beter maar wit suiker is ook goed)
50ml botter
1ml sout
125ml kookwater
Metode:
Skil die patats en sny in skywe
Plaas die patats en al die ander bestandele in 'n kastrol. Laat dit stadig stowe tot sag en voeg meer waer by indien nodig. Laat die patats op die boom van die katrol karameliseer.
Skep dit op sodat die bruin stukkies bo-op lê.
LW: Die patats kan ook in ‘n bakskottel met ’n deksel op in 'n matige oond gestowe word