inleiding tot een nieuw hoofdstuk in de post-apartheid periode?!

  • Ron B.

    De getallen zijn nog niet spectaculair, maar de aanzet is er….

    Exodus hits ANC

    October 29 2008 at 12:41PM

    By Fiona Forde and Political Staff

    Almost 14 000 members have resigned from the ANC in the Western Cape and signed up to the breakaway “Shikota” party, according to figures released by the organisers of this weekend's National Convention in Johannesburg.

    Last night's announcement came as a heated row erupted over a letter that former president Thabo Mbeki wrote to ANC president Jacob Zuma about his views on the ANC and the breakaway group.

    By Tuesday evening, 13 946 former Western Cape ANC members were registered on the convention's database after signing “forms declaring their interest to join a new party”, former Community Safety MEC Leonard Ramatlakane told the Cape Argus.

    The Boland has haemorrhaged the most members, with 5 930 now signed up to the party that is expected to be launched on December 16.

    The city's Dullah Omar branch followed, with 3 760 members now committed to the so-called Shikota initiative, while the Cape Overberg region has lost 2 356 and the West Coast 1 900.

    When asked how he knew that those who had signed up for the new party were card-carrying ANC members in the Western Cape, Ramatlakane said it had been publicly demonstrated.

    “These people destroyed their ANC membership cards in public and then immediately filled in the forms to join the new party,” he said.

    The organisers say figures for other provinces will be made available before the two-day National Convention gets under way on Saturday.

    And ANC source in the Western Cape has dismissed Ramatlakane's figures, saying that there was no way to determine the numbers.

    With just three days to go before the convention, former Gauteng premier Mbhazima Shilowa told a gathering in Cape Town on Tuesday that further ANC resignations were to be expected between now and then.

    He was speaking as ANC stalwarts Phillip Dexter and Kiki Rwexana announced that they too had decided to leave the ANC after more than 50 years of experience in its ranks.

    Dexter said that since 2004 the party had undergone “transformation that has angered, saddened and even scared” him as he watched “personal interest and ambition, revenge and vindictiveness become the main driving force of the movement”.

    Meanwhile, Shilowa has called on the ANC to make public a letter written by Mbeki to Zuma.

    ANC secretary-general Gwede Mantashe referred to the letter during a debate at Unisa on Tuesday.

    He said Mbeki had written a reply saying the dissidents did not have his blessing and that he had not been consulted on their plans to launch a new party.

    But it has since emerged that Mbeki also complained in the letter about not having been consulted by the ANC before it announced that he would be expected to campaign for the party ahead of elections next year - a move that has been interpreted as putting Mbeki's loyalty to the test.

    The Cape Argus understands that Mbeki emphasised in the letter that he remained a loyal member of the ANC - but said he had a problem with the party stating publicly that he would be expected to help campaign for the general election although he had been recalled on the basis that there was a lack of confidence in his leadership.

    Shilowa said that the letter should be released in its entirety.

    “It would be good and in the interests of democracy and transparency not to say what he said, but to release the letter so the context could be understood by all South Africans.”

    Shilowa said that the fact that Mbeki had distanced himself from the breakaway movement proved it was “not an Mbeki project” - a suspicion widely held among the ANC and its allies.

    “It proves what we have been saying all along, that this is our initiative and not Thabo Mbeki's,” Shilowa said.

    “Yet despite what we said, it was assumed ever since we started working towards the convention and the party that he was the invisible hand moving us as pawns on the board. But now you see that this was never the case,” he said.

    “This is a new political party we are shaping, not an Mbeki project we are directing.”

    Mantashe declined further comment on the letter, saying that “you are intruding on communications between the ANC and its cadres”.

    It is understood that the letter was delivered to Luthuli House on Monday.

    ANC national spokesperson Jessie Duarte said last night that it was not “compulsory” for Mbeki to campaign for the ANC in the run-up to elections.

    Mbeki remained a highly respected member of the ANC's National Executive Committee, and was not “an outcast”. - Additional reporting by Henri du Plessis

  • Peet

    Ik denk zeker en iedereen (ook in Europa) volgt het met vol spanning wat het komende weekend in Sandton gaat opleveren

    Vandaag in Die Burger

    Europa hou SA fyn dop

    LEOPOLD SCHOLTZ

    28/10/2008 06:46:40 PM - (SA)

    Praat met mense wat hulle in die belangrikste drie Europese hoofstede – Brussel, Berlyn en Parys – beroepshalwe met Afrika en Suid-Afrika besig hou, en jy kom gou agter dat hulle uitstekend ingelig is. Nie alleen is hulle op die hoogte van al die feite nie; hulle is ook in staat om dit skerpsinnig te ontleed.

    Ek het die afgelope week of twee indringende gesprekke gehad met talle diplomate, hooggeplaaste amptenare en navorsers by onafhanklike dinkskrums oor hoe Afrika en Suid-Afrika in die Europese regerings se wêreldbeeld en buitelandse beleid inpas. Die meningswisselings was sonder uitsondering agtergrondgesprekke – met ander woorde: niemand word aangehaal nie, geen name word genoem nie, maar ek is welkom om die insigte wat ek in die gesprekke opdoen, na goeddunke in my artikels te gebruik.

    Dit is onmiddellik duidelik dat die mense hulle nie op enige beduidende skaal deur nuusberigte en ontledings in die plaaslike media laat lei nie. Met name sedert die losbars van die vreemdelingehaat vroeër vanjaar is die media in veral Duitsland en Nederland buitengewoon skerp krities oor Suid-Afrika, terwyl dié in België en Frankryk effens meer onbetrokke en feitelik is.

    Vir Suid-Afrikaanse diplomate in Europa is dit ’n verleentheid, want dit is duidelik dat hul land se wittebroodsdae van ná 1994 al lank verby is.

    agter die skerms

    Maar die mense wat regtig saak maak, dié wat agter die skerms ’n rol speel in die formulering van regeringsbeleid, maak eerder staat op ander bronne van inligting wat hulle as meer betroubaar beskou.

    Dit is sonder uitsondering mense met ’n formidabele intellek, mense wat intensief nagedink en onderling gedebatteer het oor Afrika en Suid-Afrika en watter rol die Europese state kan speel om sake daar anderkant in goeie bane te lei.

    Uit die gesprekke het ’n onmiskenbare kommer oor die toekoms van die demokrasie geblyk, en die onlangse vervanging van die president het ’n ambivalente reaksie by hulle uitgelok.

    Aan die een kant is hulle jammer dat Mbeki nie sy termyn kon voltooi nie. Met al sy gebreke het Mbeki tog ’n wêreldvisie gehad wat – altans in teorie – baie goed ingepas het by hoe mense in die Europese hoofstede dink.

    Maar hulle sê hulle hoor goeie dinge van Motlanthe, en hulle hoop eintlik maar dat hy ook ná die verkiesing aanstaande jaar staatshoof sal kan bly.

    Hulle het mnr. Jacob Zuma op sy besoeke aan Berlyn en Parys vroeër vanjaar ontmoet en goed deurgekyk. Hulle gee toe dat hy ’n charismatiese en dinamiese mens is, maar die lugtigheid en onsekerheid oor hom straal uit hulle uit. Hulle weet eenvoudig nie wat om van hom te verwag nie.

    positiewe elemente

    Hul ambivalensie oor die ontwikkelinge in Suid-Afrika kom ook na vore wanneer hulle praat oor die manier waarop die presidentswisseling plaasgevind het. Daar was verskeie positiewe elemente daarin, stem hulle saam.

    Mbeki het, anders as pres. Robert Mugabe noord van die Limpopo, nie met bloedvergieting aan sy posisie probeer vasklou nie. Daar was nie tenks en pantsermotors in Kerkstraat in Pretoria of Adderleystraat in Kaapstad te sien nie. Die radio-uitsendings is nie ewe skielik met marsmusiek en aankondigings van ’n noodtoestand en die opskorting van die Grondwet onderbreek nie.

    Ook is die Grondwet nie regtig verbréék nie. Streng gesproke bepaal die Grondwet dat die president deur die parlement (in effek die regerende party) gekies word, wat impliseer dat die regerende party die president ook huis toe kan stuur, soos inderdaad gebeur het.

    Maar, sê my gespreksgenote, dit druis wel in teen die gees van die Grondwet en die demokrasie. Dit wys dat die Stalinistiese politieke kultuur wat tydens die ballingskap in die ANC vaardig was, die idee dat die party altyd reg is en nie die mening van die burgers oor so iets belangriks soos ’n presidentswisseling hoef te vra nie, steeds in die ANC geld.

    Hulle is bekommerd oor die klaarblyklike skerper eise van die linkervleuel – die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Cosatu en die ANC-jeugliga – en vra hulself af of Motlanthe en Zuma sterk genoeg sal kan staan om ’n swenk na links te voorkom. Hulle het nie antwoorde nie – vra my trouens wat ék dink – maar is besorg.

    euforie verdwyn

    Uit hul standpunte blyk dat die euforie wat in die jare onmiddellik ná 1994 in die Europese hoofstede geheers het, nie meer bestaan nie. Dit het plek gemaak vir ’n meer realistiese en gedifferensieerde beeld.

    Ek onthou goed dat die politici, diplomate en amptenare in Oktober 1994, toe ek ook in Berlyn was vir ’n groot spitsberaad van die Europese Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap , geesdriftig gepraat het oor die Suid-Afrikaanse “wonderwerk”. Selfs die wit amptenare van Suid-Afrika se departement van buitelandse sake, dieselfde mense wat kort tevore nog die apartheidsregering se saak moes stel, is met hoë agting bejeën.

    Dit is nie meer noodwendig so nie – ten eerste omdat die kwaliteit van die Suid-Afrikaanse diplomate in sommige gevalle (verreweg nie altyd nie; ek het ’n paar indrukwekkende diplomate van alle kleure ontmoet) gedaal het, maar hoofsaaklik omdat mense raaksien hoe die Suid-Afrikaanse demokrasie onder druk geplaas word.

    bereid om te help

    Die wyse waarop Mbeki Suid-Afrika met die entoesiastiese steun van die ANC langs rasselyne gepolariseer het, is hier raakgesien. So ook die manier waarop hy die staatsmag vir sy magstryd binne die ANC misbruik het, sy eienaardige houding oor MIV/vigs en sy skaamtelose kantkiesery in Zimbabwe.

    Tog bly die bereidheid om te help baie groot. My gespreksgenote het dit telkens en weer beklemtoon dat die ou neo-kolonialistiese houding (ons weet beter, en julle moet maak soos ons sê) tot die verlede behoort.

    Veral die Duitsers doen groot moeite om hul kundigheid rakende die Wêreldbeker-sokker – hulle het immers die toernooi twee jaar gelede met fantastiese sukses aangebied – aan Suid-Afrika beskikbaar te stel. En dit doen hulle goed om te sien dat die Suid-Afrikaners goed daarvan gebruik maak.

    belangrikste land

    Uiteindelik, dit beklemtoon almal, is Suid-Afrika die belangrikste land in Afrika. Dit is die één land waar die put ’n bodem het. Dit is die één land wat vir Europese maatskappye as poort tot Afrika kan dien.

    Dit is die één land waar die demokrasie en die ekonomie ’n lewensvatbare toekoms kan hê.

    En daarom kyk hulle met meer as net ’n tikkie kommer na wat tans in Suid-Afrika gebeur.

    ) Die skrywer is Media24 se verteenwoordiger in Brussel.