Ja, dit is so waar - die gras is altyd groener aan die ander kant, né! Maak nou nie saak waarheen jy dink dit sal beter wees om te verhuis nie. Dit feit van die saak is, dat elke mens op aarde moet besluit waar hy ‘n toekoms wil bou en dan vol uit daarvoor gaan of dit moet net ’n droom bly. Sommige mense is sterk genoeg om so ‘n skuif te maak maar ander is weer nie. Ek ken Suid-Afrikaners wat 3 maande in Nederland was en toe kon hulle dit nie meer uithou nie en is sak en pak terug - hulle het gedink dis ’n eerste wêreld land en alles gaan in hulle skote val. haha - dit werk ongelukkig nie so nie - eerste of derde wêreld; werk moet jy werk en die lewe is ewe hard. Ek bly al 10 jaar in Nederland en het wonderlik goed aangepas! Ek is hier net so lekker tuis as wat ek in SA was - wens net ek kan my familie hier gehad het.
Die presiese syfers weet ek (nog) nie maar daar is nogsteeds meer Suid-Afrikaners (oor al die kleurgrense heen) wat emmigreer as wat daar is wat weer na emmigrasie terugkeer na SA. Die meeste vertrek Australië, Brittanje, VSA en Kanada toe. Natuurlik is daar ook groepe wat hulle in Europa en Asië vestig maar dit is nie soveel soos in die ander lande nie.
Daar is ongeveer tans sowat 16 000 Suid-Afrikaners in Nederland. Met die huidige finansiële krisis wêreld wyd, is dit moeiliker om so 'n skuif te maak maar tog sien mens nogsteeds mense wat hulle laaste spaargeld vat en skuif ( terug SA toe of uit SA na elders)
Ek sal kyk of ek syfers vir jou kan kry maar dis nie iets wat ek verwag werklik vrygestel sal word nie - die syfers word soms lekker gekook, hoor! :-) Terloops, dis nie net die blankes wat emmigreer nie, hoor - jy sal verbaas wees om te sien hoeveel daar oor die hele spektrum so 'n skuif maak.